top of page
Search

Die wonder van blomme

  • Writer: Monique
    Monique
  • Dec 29, 2018
  • 1 min read

Dis eenvoudig wonderlik hoe eg die goeie kwaliteit nagemaakte blomme deesdae lyk! Vir my is die toets altyd as mense (vreeslik verbaas) vir jou vra "Sjoe, dis mooi. Is dit regte blomme hierdie?"


Die geheim is ook om altyd 'n ongelyke getal blomme bymekaar in 'n houer te sit. (My niggie Doris het dit vir my geleer toe ek my eenmaal doodgesukkel het om blomme in 'n pot te rangskik.) Dit verseker dat jou blomme meer oneweredig en natuurlik voorkom - van wanneer af staan blomme dan ook in rye?


By die Solder op die Hoek hou ons 'n verskeidenheid van die mooiste nagemaakte blomme teen redelike pryse aan. Of jy hou van tradisionele rose, magrietjies en sonneblomme en of jy iets meer indrukwekkend soos 'n perfekte koning protea verkies, kom kyk gerus en bring vandag die wonder van blomme in jou huis in.








 
 
 

Comments


Post: Blog2_Post
bottom of page