Iets vir elke lyf - Hoera vir Bon-Bon!
- Monique
- Jan 30, 2019
- 1 min read

Met die vakansie agter die rug is ons almal waarskynlik so 'n paar gram (of kilogram!) swaarder en besig om die nuwe jaar se uitdagings aan te pak. Februarie, ons warmste maand le nog voor en nou is die dilemma hoe kry 'n mens dit reg om mooi te lyk in hierdie hitte (en sonder om die ekstra gramme te ontbloot)?
By die Solder op die Hoek het ons 'n verskeidenheid koel items vir elke lyf wat net reg is om die hitte te trotseer en wat boonop lekker informeel gedra kan word of "opgedress" kan word vir werk indien nodig.
Kom kyk gerus na ons BOHO Rokke, BOHO Broekrokke, Maksirokke, Minirokke en Rompies wat gemaak is van kreukelvrye Bon-Bon materiaal. Dis gemaklik en verslankend en jy kan kies tussen eenkleur of iets meer bont. Jy kan ook jou uitrusting opkikker met 'n bypassende handgemaakte hangertjie as jy lus het.
Handgemaakte Hangertjies: R30 - R70
Minirompies: R120
Minirokkies: R250 - R275
Maksirokke: R300
BOHO Bloese: R300
BOHO Rokke: R400
BOHO Broeke: R400
Ons maak ook op bestelling. Kom kyk gerus.










Comments