Welkom by Solder op die Hoek. Ons winkel is vol MOOIGOED. Ons fokus op besonderse en unieke dekor en geskenke - spesiale items wat jy nie om elke hoek en draai gaan raakloop nie. Ons fokus op uniekheid en kreatiwiteit en hou slegs 'n paar van elke item aan sodat jy kan wegstap met 'n rare aankoop. Ons maak ook rustic vintage hout items soos muurrakke, skinkborde en houtkissies. Elkeen is handgemaak en uniek, so as jy een koop, kan jy versker wees dit is "one of a kind".